Met koeke en terte wat jy net van kan droom
En 'n vroee southappie om jou vir meer lus te maak.
wyle Generaal HertZog moet die spelling liewer nie sien nie
Soos altyd sal pannekoek die nasionale treffer wees
Argitekte kan ook soms geld tel..
en moet Ginekoloe ook nie onderskat nie
Die beste van die beste uit die motorbedryf is op uitstalling
En hulle ry teen die spoed van witlig!
Brawe ruiters durf die onbekende aan,
gelei deur die beroemde en beminde Ruiter in Swart
Ongelukkig is die Drankeuwel ook daar
en vir ons ouens uit die Kaap grillerige etikette
Niks kom by 'n Vetkoekie nie!
Ander denominasies kom loer ook skelm wat aangaan
gevolg deur skoonhede soos jy nog nie gesien het nie
Terwyl die ouens glad nie geimponeer is nie
Om mooi nog mooier te maak
"Ek Watch jou!"
Skerpskutters in aksie
Terwl die vreugdes net aanhou en aanhou
En in plaas van enige werk te doen, loop die gemeentebestuurder rond en brag
En ons sekuriteit is steeds een van 'n soort
En ons kry ook 'n welkome lekkie roomys
en 'n ramp van krisis afmetinge ontstaan; 'n lang tou en die laaste druppeltjie deeg is gedaan
gevolg deur verbasing en verbystering..."hoe dan nou..??"
met beeldskone kelnerinne om alles mooi af te rond